Opsomming
Mouton Citrus, ‘n leier in die sitrusbedryf en ‘n vertikaal geïntegreerde produsent, verpakker en uitvoerder, geleë in die Citrusdal vallei het ‘n geleentheid vir ’n Gesondheidsorgpraktisyn in Mouton Foundation.
Mouton Foundation is ‘n nie-winsgewende Trust wat verskeie aktiwiteite en programme op die gebied van onderwys, gesondheid, fasiliteite en ander ontwikkelingsprogramme onderneem. Die Foundation Kliniek het ‘n geleentheid vir ‘n Gesondheidsorgpraktisyn met ‘n passie vir mense.
Sleutel Verantwoordelikhede
- Pasiënt assessering
- Neem van volledige mediese geskiedenis & ondersoek
- Beplanning & Implementering van behandeling & sorg
- Gesondheidsbevordering & voorkomings insluitend gesondheidsorg voorligting
- Volledige rekordering van gesondheidsorg
- Kommunikasie tussen interne & eksterne Gesondheid Dienste
Vereistes en vaardighede
- Toepaslike gesondhiedsorg kwalifikasie met 'n deurlopende leerhouding
- SANC registrasie
- Selfgemotiveerd, gedrewe, veerkragtig en nederig.
- Bestuurslisensie
- Die vermoë om te multi-task
- Sterk organisasie vaardighede
- Sterk kommunikasie vaardighede
- Sterk etiese etiek