Opsomming
Mouton Citrus, ‘n leier in die sitrusbedryf en ‘n vertikaal geïntegreerde produsent, verpakker en uitvoerder, geleë in die Citrusdal vallei het ‘n geleentheid vir ‘n Administratiewe Klerk in Mouton Foundation.
Mouton Foundation is ‘n nie-winsgewende Trust wat verskeie aktiwiteite en programme op die gebied van onderwys, gesondheid, fasiliteite en ander ontwikkelingsprogramme onderneem. Die Foundation Kliniek het ‘n geleentheid vir ‘n Administratiewe Klerk met ‘n passie vir mense.
Sleutel Verantwoordelikhede
- Beplan en koördineer alle daaglikse logistieke reëlings vir die kliniek.
- Ontvang alle pasiënte en besoekers.
- Verskaf antwoorde vir algemene telefoon navrae.
- Handhaaf 'n doeltreffende liasseerstelsel en verspreiding van dokumente.
- Reël vergaderings en neem notules.
- Alle verdere ad-hoc take soos uiteengesit in jou posbeskrywing.
Vereistes en vaardighede
- Toepaslike tersiêre kwalifikasie met 'n deurlopende leerhouding
- Administratiewe Diploma sal 'n voordeel wees
- Selfgemotiveerd, gedrewe, veerkragtig en nederig.
- Bestuurslisensie
- Die vermoë om te multi-task
- Sterk organisasie vaardighede
- Sterk kommunikasie vaardighede